(Die persoon sit voor ń tafel met ń glasbak daarop. Persoon kyk na die glasbak,
maak dan toe hulle oë en begin haar hande heen en weer swaai oor die glasbak.)
Hortensia: O, hallo ! Ek het nie gedink dit is al tyd vir ons afspraak nie. Ek praat al
ure lank met hulle, jy weet mos wat hulle sê, “The dead tell no lies”. ( lag) of eerder wat van ,time flies when you’re having fun !
Kom sit gerus. Asseblief maak jouself tuis. Me casa is sue casa ! Kan ek vir jou ietsie skink ? Water, koeldrank, dalk iets so bietjie sterker ? (Lag vir haarself, wys vir die persoon om te kom sit.) Kom ons begin met die Level een vrae. Dis sommer net om jou in die mood te kry vir ons sessie vandag. Kry vir jou ń kussing. Nee,
man vat sommer daardie ene. Yes, okay let’s begin.
(Hulle bind ń kopdoek om hulle kop en haal diep asem) Wat wil jy graag uit hierdie sessie uitkry ? (Luister aandagtig)
So jy wil weet wat met jou suster gebeur het ? Dit kan mos dan nie te moeilik wees nie. Stap een: Plaas asseblief jou hand op die glasbak en maak dan jou oë toe.
(Luister na die persoon) O, nee. Gewoonlik in die movies sien mens dat hulle glas balle het, maar dis mos nou glad nie funksioneel nie. Ek meen hoe op aarde rol daardie ding nie van die tafel af nie. En voordat jy vra, nee ouija boards is sooooo uit die mode uit, dit was letterlik Riaan Cruywagen se oupa se tyd. Nou asseblief,
plaas jou hand oor die bak en oë toe. Dit is dié belangrikste deel. As jou oë oop is
tydens die awakening kan jy verblind word. (oordramaties) Trues Bob, ek het dit al
met my eie oë gesien.
(Maak asof sy begin bewe, haar oë is toe) Ek voel haar, sy is hier. Is jou suster se naam dalk… ( Maak oë oop en kyk om en lei dan ń naam van iets af.) O, fok… uhm Chantelle ? (Gee ń senuweeagtige lag.) Ja, ek het so gedink (Maak asof hulle
lag.) Jokes ! Ek het jou maar net getoets, hoor. Well done, jyt gepass. Jy ken darem
maar jou family, jou yster ! (Maak finger guns en skiet hulle na die persoon.) Ek
weet mos dis nie Chantelle nie, ek het jou whatsapp gelees.
(Hulle skrik en kyk dan na ń hoek) Karen is in die kamer. Ek kan haar voel. Wat is jou eerste vraag aan haar ? (Hulle luister na die persoon en skud dan hulle kop)
Karen, Pieter vra hoe jy dood is ? (Hulle luister aandagtig) O… Sjoe, dis nou verskriklik.. En jy haat hom ? Nee, man Karen. Jy haat hom meer as… (Gril) Kurt Darren ? Jy… Pieter… Die rooi kar… (Hulle kom uit hulle daze uit wanneer hulle
sien Pieter begin opstaan om weg te hardloop.)
Pieter, waartoe gaan jy ? Nee, Pieter ons is dan nog nie eers by die interessante vrae nie. Jy het dan al klaar R600,00 betaal. (Staan op en maak asof hulle uit ń deur uitskree) Geen refunds nie, Pieter. Onthou T’s and C’s apply. (Kyk so rukkie
by die deur uit) And another one bites the dust. Dis hoe mens dit doen ! Freak hulle
uit, vat die geld… Business baby !
Let wel: Die is nie die volle Monoloog nie, maar net ń blurb.
Alle monoloë, Gedigte en ander skryfwerk is nuutgeskrewe en uniek. Vir meer stukkie soos hierdie, kontak my via E-pos, Instagram boodskap of Whatsapp.